Op haar man se begrafnis hoor Danika Rivers iemand sê sy moes van haar man se bedrog geweet het. Sy en haar sesjarige dogtertjie word met skuld en skande agtergelaat.
Renda de Waal-Fourie het verskeie kwalifikasies en het in die staatsdiens gewerk en later by tersiêre instellings klas gegee, voor sy liefdesverhale begin skryf het. Sy en haar man reis graag.